Grade 8 Afrikaans FAL – Meervoude Reëls (Plurals)
Lesson Introduction
Die reëls vir meervoude
Book Chapters
Kort klinker (Short Vowel)
As ’n woord ’n kort klinker het (soos die a in pan), dan verdubbel ons die laaste letter en sit ‘e’ aan die einde.
If a word has a short vowel, like the a in pan, we double the last letter and add ‘e’.
Kyk na hierdie maklike voorbeelde:
Look at these easy examples:
🔹 pan – pan → panne
🔹 kop – head → koppe
🔹 vis – fish → visse
🔹 ster – star → sterre
Maar… as die woord eindig op ’n d, doen ons iets anders!
But… if the word ends in a d, we do something different!
Dan verdubbel ons die ‘d’ en sit ‘ens’ aan die einde.
Then we double the d and add ‘ens’.
🔹 bad – bath → baddens
🎯 Onthou:
✅ Short vowel? Double the last letter + add e
✅ Short vowel + ends in d? Double the d + add ens
Uitsonderings – Exceptions:
Sommige woorde is net anders en jy moet dit leer.
Some words are just different and you have to learn them.
🔸 kind – child → kinders
🔸 man – man → mans
Vokale (Vowels)
Hierdie reël kan bietjie vaag voel, maar dis baie belangrik.
This rule can feel a little vague, but it’s very important.
Jy sal amper altyd een van hierdie woorde in ’n toets of eksamen kry!
You’ll almost always get one of these words in a test or exam!
🔵 As ’n woord eindig op ‘e’, ‘i’, ‘o’ of ‘u’, dan sit ons ’n afkapping ’s aan die einde.
If a word ends in e, i, o or u, we add an apostrophe ’s at the end.
Voorbeelde:
Examples:
🔹 foto – photo → foto’s
🔹 skadu – shadow → skadu’s
🔹 radio – radio → radio’s
🔵 Maar met “a” is dit anders.
But with “a”, it’s different.
As die “a” aan die einde beklemtoon word (jy sê dit hard), dan kry dit ’s.
If the “a” at the end is stressed (you say it strongly), then it gets ’s.
🔹 ma – mom → ma’s
🔹 pa – dad → pa’s
Maar as die “a” sag is en nie beklemtoon word nie, kry dit net ’n s sonder die afkapping.
But if the “a” is soft and not stressed, it only gets an s, without the apostrophe.
🔹 ouma – grandma → oumas
🔹 sofa – sofa → sofas
🎯 Onthou:
✅ e, i, o, u → kry altyd ’s
✅ a → kry ’s net as dit ’n sterk klank is
Dis ’n bietjie vreemd, maar jy sal dit gou baasraak!
It’s a little strange, but you’ll get the hang of it quickly!
Kort vokaal +f (Short vowel +f)
Hierdie reël is amper dieselfde as die reël vir kort klinkers.
This rule is almost the same as the rule for short vowels.
Maar… as die woord met ‘f’ eindig, dan gebeur iets spesiaal:
But… if the word ends with ‘f’, something special happens:
🔸 Ons verander die “f” na ’n “w”, en
🔸 Ons sit “we” aan die einde.
We change the “f” to a “w”, and then add “we” at the end.
Kyk na hierdie voorbeelde:
Look at these examples:
🔹 gif – poison → giwwe
🔹 stof – dust / substance → stowwe
🔹 straf – punishment → strawwe
🎯 Onthou:
✅ Short vowel + ends in “f”?
👉 Change “f” to “w” and add we!
Dis ’n cool reël wat jou sal help in toetse!
It’s a cool rule that will help you in tests!
Woorde wat eindig met “man” (Words ending in man)
Sommige woorde werk nie met gewone meervoudreëls nie.
Some words don’t follow the normal plural rules.
Hulle is uitsonderings, maar jy moet hulle ken – dit is belangrike kennis!
They are exceptions, but you must know them – it’s important knowledge!
🔵 Dink aan lande en mense.
Think of countries and people.
Byvoorbeeld:
For example:
🔹 French in Afrikaans is Frans.
As jy sê Fransman, dan verander dit na Franse.
Fransman (French man) becomes Franse.
🔹 English in Afrikaans is Engels.
As jy sê Engelsman, dan verander dit na Engelse.
Engelsman (English man) becomes Engelse.
👉 Sien jy die patroon?
Can you see the pattern?
✏️ Nasionaliteit + man → eindig op “se” in meervoud.
Nationality + man → ends in “se” in plural.
⚠️ Maar daar is uitsonderings wat jy moet leer:
🔹 buurman – neighbour → bure
🔹 polisieman – policeman → polisie
Hulle is net anders, en jy moet dit net onthou.
They are just different, and you just have to remember them.
🎯 Onthou:
✅ Fransman → Franse
✅ Engelsman → Engelse
✅ Buurman → Bure
✅ Polisieman → Polisie
👂 Luister mooi na die woord en dink aan wat jy van lande en mense weet!
Kry ers (Word that get ers)
Uitsonderingsreël – Exception rule
Soms pas woorde nie by enige van die gewone reëls nie.
Sometimes words don’t fit into the normal rules.
Ons noem dit uitsonderings – exceptions.
Jy moet hulle net leer en onthou.
You just have to learn and remember them.
Kyk na hierdie woorde:
🔹 kind – child → kinders
Hier voeg ons net -ers aan.
Here we just add -ers.
🔹 kalf – calf → kalwers
Let op! Die f het ’n w geword.
Notice! The f changed to a w.
Maar ons sit nie “we” aan die einde nie, soos in die gewone “f”-reël.
But we don’t add “we” at the end like in the normal “f” rule.
Dis omdat kalf ’n uitsondering is.
That’s because kalf is an exception.
🔹 lam – lamb → lammers
Hier gebruik ons die reël vir kort klinkers.
Here we use the rule for short vowels.
Ons verdubbel die m en voeg -ers by.
We double the m and add -ers.
🎯 Onthou:
✅ Kind → kinders
✅ Kalf → kalwers (f word w, maar geen “we”)
✅ Lam → lammers (double m + ers)
Sommige woorde is net spesiaal – en jy moet hulle so leer!
Some words are just special – and you have to learn them like that!
Twee vokale (Double vowels)
Wanneer daar twee vokale in die middel van ’n woord is, gebruik ons die dubbel-vokaal-reël.
When there are two vowels in the middle of a word, we use the double vowel rule.
Daar is twee tipes dubbel vokale:
There are two types of double vowels:
🔵 Tipe 1: Twee dieselfde vokale
As jy twee van dieselfde vokale in die middel van die woord sien, verwyder een van hulle en sit dan ’n “e” aan die einde.
If you see two of the same vowels in the middle of the word, remove one and add “e” at the end.
Voorbeelde:
Examples:
🔹 maan – moon → mane
🔹 boot – boat → bote
🔹 muur – wall → mure
🔹 been – leg → bene
🔵 Tipe 2: Twee verskillende vokale
As jy twee verskillende vokale sien, los jy hulle net soos hulle is, en sit ’n “e” aan die einde.
If there are two different vowels, you don’t change them – just add an “e” to the end.
Voorbeelde:
Examples:
🔹 voet – foot → voete
🔹 mier – ant → miere
🔹 dier – animal → diere
🔹 huis – house → huise
🎯 Onthou:
Remember:
✅ Tipe 1: Two same vowels → remove one + add “e”
✅ Tipe 2: Two different vowels → keep both + add “e”
🔔 Daar is uitsonderings, maar ons sal dit later leer.
There are exceptions, but we’ll learn those later.
Reël vir woorde wat op -ag eindig – Rule for words that end in -ag
As ’n woord eindig op -ag, dan vervang ons die “g” met ’n “e”.
When a word ends in -ag, we replace the g with an e.
Kyk hier:
Look at this:
🔹 vraag – question → vrae
🔹 dag – day → dae
🔹 vlag – flag → vlae
Dis maklik, né? Maar pasop vir uitsonderings!
It’s easy, right? But watch out for exceptions!
Soms verander die woord anders.
Sometimes the word changes in a different way.
🔸 vrag – load → vragte (not vrae!)
🎯 Onthou:
✅ -ag → change the g to e
⚠️ Maar kyk mooi – sommige woorde het hulle eie spesiale reëls!
But look carefully – some words have their own special rules!
Deeltekens (ë) – What words get a ë?
As ‘n woord eindig op ‘og’, verander dit na ‘oe’ met ‘n deelteken (ë) op die laaste ‘e’.Voorbeeld: oog → oëOnthou om net die laaste ‘o’ te gebruik, nie enige ‘o’ wat voor die ‘og’ in die woord voorkom nie.Voorbeeld: oorlog → oorloë
This rule is simple: when you notice a word (doesn’t matter if the word is short or long) and it ends in an ‘og,’ then this is converted into an ‘oe’ with “deeltekens” on the ‘e.’ Remember: take the last ‘og’ of the word. Do not take the ‘o’ before the ‘og.’
Some words look like this: …oog. This is where you apply the last rule: you only use the last ‘o’ and not the one before.
- vlieg – vlieë (fly)
- ploeg – ploeë (plough)
- knie – knieë (knees)
- see – seë (oceans)
Dubbel konsonante (Double consonants)
As ‘n woord eindig op twee konsonante en dit pas nie by ‘n ander reël nie, voeg jy net ‘n ‘e’ aan die einde by.
Sounds weird? Isn’t. If you have a word that ends in two consonants, and doesn’t fit
into another rule, it fits here. The word simply gets an ‘e’ at the end.
- vark – varke
- dorp – dorpe
present – presente
Dubbel vokaal/konsonant +f (Twin/double vowel/consonant +f)
Wanneer ‘n woord ‘n dubbel vokaal (twee dieselfde vokale, soos aa, ee, oo) het voor die f, dan verander die f in ‘w’ en jy voeg ‘e’ aan die einde by om die meervoud te vorm. As dit twee verskillende vokale is, die f na w en die een vokaal verdwyn nie soos in ander reëls nie.
When a word has a double vowel (two identical vowels, like aa, ee, oo) before the f, then the f changes to ‘w’ and you add ‘e’ at the end to form the plural. If it is two different vowels, the f changes to w and the one vowel does not disappear as in other rules.
- stoof – stowe (stoves)
- slaaf – slawe (slaves)
- duif – duiwe (doves)
verf – verwe (paints)
Eindig met “heid” (Ending with “heid”)
As ’n woord eindig op -heid, verander dit altyd na -hede in die meervoud.
If a word ends in -heid, it always changes to -hede in the plural.
Daar is geen uitsonderings nie – jy moet dit net onthou!
There are no exceptions – you just have to remember it!
Kyk na hierdie voorbeelde:
Look at these examples:
🔹 moeilikheid – trouble → moeilikhede
🔹 besigheid – business → besighede
🔹 moontlikheid – possibility → moontlikhede
🎯 Onthou:
Remember:
✅ -heid word altyd -hede
✅ No tricks, no changes – just memorize it!
Dis soos ’n towerreël – dit werk elke keer dieselfde!
It’s like a magic rule – it works the same every time!
Eindig op “ig” (Ending in “ig”)
As ’n woord op -ig eindig, sit jy net “te” aan die einde vir die meervoud.
If a word ends in -ig, you simply add “te” to make it plural.
Dis ’n lekker maklike reël!
It’s a nice and easy rule!
Kyk na hierdie voorbeelde:
Look at these examples:
🔹 lig – light → ligte
🔹 plig – duty → pligte
🔹 gesig – face → gesigte
🎯 Onthou:
✅ -ig aan die einde? Sit net “te” by!
Ends in -ig? Just add “te”!
Jy doen dit sommer vinnig reg elke keer! You’ll get it right quickly every time!
Uitsonderings (List of exceptions)
- gevoel – gevoelens
- hawe – hawens
- lewe – lewens
- nooi – nooiens
- vrou – vrouens
- wa – waens
- bees – beeste
- fees – feeste
- graf – grafte
- kas – kaste
- lys – lyste
- nes – neste
- pianis – pianiste
- prefek – prefekte
- produk – produkte
- toeris – toeriste
- tydskrif – tydskrifte
- violis – violiste
- voorskrif – voorskrifte
- bevel – bevele
- blad – blaaie
- brug – brûe
- ding – goed
- glas – glase
- hemp – hemde
- hof – howe
- lid – lede
- lied – liedere
- nag – nagte
- pad – paaie
- rug – rûe
- skip – skepe
- spel – spele
- stad – stede
tyd – tye
