Grade 8 Afrikaans FAL – Wat is idiome?
Video And External Links
- YouTube/video: https://www.youtube.com/watch?v=hGB0Ay2plk4&t=58s
Lesson Introduction
Book Chapters
Idiome
-
Dis bo sy vuurmaakplek
Dit is te moeilik vir hom.
It’s too difficult for him/her. -
Hy het lang vingers
Hy steel.
He steals. -
Jakkals prys sy eie stert
Iemand spog met homself.
Someone brags about themselves. -
Sy kop is vol muisneste
Hy het snaakse of onpraktiese idees.
He has silly or impractical ideas. -
Sy oë is groter as sy maag
Hy skep te veel kos op.
He takes more food than he can eat. -
Sy staan met ‘n bek vol tande
Sy weet nie wat om te sê nie.
She doesn’t know what to say. -
Hy slaap soos ‘n klip
Hy slaap baie diep.
He sleeps very deeply. -
Hulle is soos hond en kat
Hulle baklei heeltyd.
They fight all the time. -
Hy het die kat aan die stert beet
Hy hanteer iets verkeerd.
He is handling something the wrong way. -
Dit reën katte en honde
Dit reën baie hard.
It’s raining very hard.
Inleiding
Wat is idiome?
Idiome is spesiale sê-goedjies wat jy nie letterlik moet opvat nie.
Idioms are special sayings that you must not take literally.
Dit beteken iets anders as wat die woorde sê.
They mean something different from what the words say.
Voorbeeld:
“As jy sê iemand het lang vingers, beteken dit nie sy vingers is regtig lank nie! Dit beteken hy steel.”
For example, if you say someone has long fingers, it doesn’t really mean their fingers are long! It means he steals.
Idiome maak jou taal interessant en lekker om te praat!
Idioms make your language interesting and fun to speak!
Video oor Idiome
https://www.youtube.com/watch?v=hGB0Ay2plk4&t=58s
Nog Idiome
| Idioom | Betekenis | English meaning |
|---|---|---|
| Die appel val nie ver van die boom af nie | Die kind is soos die ouer. | The child is like the parent. |
| Hy draai om die pot | Hy sê nie reguit wat hy bedoel nie. | He avoids saying something directly. |
| Hy maak van ‘n muis ‘n olifant | Hy oordryf. | He exaggerates. |
| Die spyker op die kop slaan | Presies reg sê. | To hit the nail on the head. |
| Daar is ‘n slang in die gras | Iets is verdag. | Something suspicious is going on. |
| Sy het ‘n kort lont | Sy raak vinnig kwaad. | She has a short temper. |
| Hy sit op ‘n hoë perd | Hy dink hy is beter as ander. | He thinks he is better than others. |
| Die poppe gaan dans | Daar gaan moeilikheid wees. | There’s going to be trouble. |
| ‘n Vinger in die pap hê | Betrokke wees in iets. | To be involved in something. |
