—
title: “Grade 8 Afrikaans FAL – Wat is leestekens en hoe gebruik ons dit?”
slug: “grade-8-wat-is-leestekens-en-hoe-gebruik-ons-dit”
parent_page: “Grade 8 Afrikaans FAL Course Dashboard”
access_level: “Grade 8 Afrikaans FAL course access”
source_section: “Leestekens (Punctuation)”
source_moodle_activity: “book 255”
draft_status: “WordPress prep draft – ready for human content review”
—
Grade 8 Afrikaans FAL – Wat is leestekens en hoe gebruik ons dit?
Lesson Introduction
.png)
Book Chapters
Inleiding
Leestekens gee vir die leser leiding oor hoe die sin gelees moet word. Dit help gewoonlik met die betekenis en vloei van ‘n sin.
(Punctuation shows the reader how the sentence should be read. It helps you understand the sentence and helps the sentence flow)
Komma
Die komma tree op as ruspunt in ‘n sin. ‘n Mens gebruik ‘n komma in die volgende gevalle:
- In ‘n opsomming (maar nie voor die woord en nie).
- By ‘n aanspreking: Chris, waar is jy?
- By ‘n bysin of toevoeging wat uitbrei op wat reeds genoem is: Die petrolprys, wat al vier keer verhoog is, noop mense om openbare vervoer te gebruik.
- Tussen twee werkwoorde in saamgestelde sinne: Sodra die tafel afgedek is, kan ons die skottelgoed was.
- Kommas en voegwoorde: ‘n Mens skryf ‘n komma voor die voegwoorde: al, derhalwe, gevolglik. Soms voor dog/maar, aangesien, en, hoewel/ofskoon, mits en want en selde voor omdat.
Gewoonlik kom daar nie ‘n komma voor dat nie: (Usually there is no comma before “dat”)
Dit is so warm dat die kraaie gaap.
Hy wou nie hê dat ek sy werk nasien nie.
Los altyd ‘n spasie ná ‘n komma:
In ‘n sin is daar altyd ‘n spasie ná die komma. So verseker ‘n mens dat aan die einde van ‘n reël, die komma altyd teenaan die voorafgaande woord is. (Always leave a space after the comma. This way, at the end of the line, the comma is alway next to the previous word).
Uitsondering:
Ná ‘n getal, byvoorbeeld wanneer die komma ‘n desimale teken is, kom daar geen spasie nie.
- R12,50
- 3,5 grade
Kommapunt (Semi-colon)
‘n Kommapunt kom gewoonlik in die middel van ‘n sin voor. Daar is ‘n belangrike verband tussen die dele voor en ná die kommapunt, selfs al lyk die twee na twee volwaardige sinne wat ook los van mekaar sou kon staan.
(Semi-colon: there is an important connection between the parts before and after the semi-colon, even if it looks like the two sentences can be written completely independent from each other).
Byvoorbeeld:
- Ons het vroeg opgestaan; ons het ‘n lang reis voor ons gehad.
- Ek het ‘n hekel aan swem; tog vat ek ‘n swembroek saam.
Die eerste woord ná die kommapunt kry nie ‘n hoofletter nie, tensy dit ‘n hoofletter woord is, byvoorbeeld ‘n naam. Byvoorbeeld: - Die bure se musiek is te hard; hulle het geen maniere nie.
Ek is mal oor Kaapstad; Durban is ook nie te sleg nie. - ‘n Kommapunt kan ook in die plek van ‘n weggelate woord staan byvoorbeeld in ‘n opskrif:
Maleisiese vliegongeluk eis 24; 12 oorleef.
Enkel- en dubbelaanhalingstekens:
Daar is twee soorte aanhalingstekens.
- “dubbelaanhalingstekens”
- ‘enkelaanhalingstekens’
- Aanhalingstekens word altyd teenaan die gedeelte geskryf wat aangehaal word met spasies daarvoor en daarna. In Afrikaans gebruik ons meestal dubbelaanhalingstekens, behalwe waar daar ‘n aanhaling binne ‘n aanhaling is – dan gebruik ons enkel aanhalings. Byvoorbeeld:
- “Dit was baie interessant!” sê Susan.
- Kobus sê: “Susan het ‘Skote Petoors!’ geskree toe sy die antwoord kry.” Quotation marks are always written next to the part that was quoted, with spaces before and after. In Afrikaans we mostly use double quotation marks, except when it is a quotation inside a quotation – then we only use single quotation marks. Skote Petoors means “Good Grief” or “Holy Moly”.
Hakies
- Ons plaas woorde tussen hakies om iets te verduidelik, as dit ‘n vertaling is, of as ons ‘n wisselvorm wil aandui.
- Byvoorbeeld:
o Ek was gister (Vrydag) by die dokter. - As ‘n hele sin tussen hakies is, kom die hakie voor die eerste woord en ná die punt. Byvoorbeeld:
o Ek doen gewoonlik my inkopies by Spar. (Spar is ‘n groot, internasionale kettingwinkel.) - As net ‘n paar woorde in ‘n sin tussen hakies is, maar die woorde is aan die einde van die sin, kom die punt ná die hakie.
- Byvoorbeeld:
Ek doen gewoonlik my inkopies by Spar (‘n groot, internasionale kettingwinkel).
Dubbelpunt
- Die dubbelpunt het twee funksies, naamlik as leesteken en in tegniese notasies.
Die dubbelpunt as leesteken: - Wanneer die dubbelpunt as leesteken gebruik word, is daar geen spasie vóór die dubbelpunt nie, maar wel ‘n spasie ná die dubbelpunt.
- Die dubbelpunt word gebruik om ‘n reeks sake wat in ‘n sin opgenoem word, in te lei. Byvoorbeeld: Onthou om die volgende saam te bring: slaapsak, flits, waterbottel en hoed.
- ‘n Dubbelpunt word gebruik vóór ‘n aanvulling of ‘n verduideliking wat ná ’n voorafgaande sin verwag word. Byvoorbeeld:
Die reël is duidelik: Samestellings word vas geskryf. (A colon is used before the additional information or an explanation after the previous sentence). - Die dubbelpunt word gebruik vóór woorde wat in die direkte rede aangehaal word. Byvoorbeeld: Professor Smith sê: “Sorg dat julle julle opdragte betyds inhandig.”
Punt
Ons gebruik die punt aan die einde van ‘n sin en na die meeste afkortings. (At the end of a sentence and after most abbreviations)
Vraagteken (Question mark)
Die vraagteken kom na ‘n vraagsin, byvoorbeeld:
Is jy ook moeg?
Hoe laat is dit?
Wat gaan hier aan?
Uitroepteken (Exclamation mark)
Die uitroepteken kom na bevele, uitroepe en woorde wat gevoel uitdruk.
Aandagstreep (Hyphen)
Die aandagstreep (–) se doel is om aandag te vestig op die inligting wat ná die eerste aandagstreep volg. Daar is ‘n spasie aan weerskante van die aandagstreep. (A hyphen is used to focus the attention on the information following after the first hyphen).
