Leestekens (Punctuation)
Let’s make this simple. Work through the lesson, then practise one step at a time. You do not need to guess; use the examples and checks as your guide.
What You Will Learn
You will build confidence with this topic by reading the explanation, checking the examples, and completing the related practice task.
Wat is leestekens en hoe gebruik ons dit?

Let’s make this simple. Read the explanation first, then use the examples to check your understanding.
Table of contents 1. Inleiding 2. Punt 3. Vraagteken (Question mark) 4. Uitroepteken (Exclamation mark) 5. Komma 6. Kommapunt (Semi-colon) 7. Enkel- en dubbelaanhalingstekens: 8. Hakies 9. Dubbelpunt 10. Aandagstreep (Hyphen) 1. Inleiding Leestekens gee vir die leser leiding oor hoe die sin gelees moet word. Dit help gewoonlik met die betekenis en vloei van ‘n sin.
(Punctuation shows the reader how the sentence should be read. It helps you understand the sentence and helps the sentence flow) 2. Punt Ons gebruik die punt aan die einde van ‘n sin en na die meeste afkortings. (At the end of a sentence and after most abbreviations) 3. Vraagteken (Question mark) Die vraagteken kom na ‘n vraagsin, byvoorbeeld: Is jy ook moeg?
Hoe laat is dit? Wat gaan hier aan? 4. Uitroepteken (Exclamation mark) Die uitroepteken kom na bevele, uitroepe en woorde wat gevoel uitdruk. 5. Komma Die komma tree op as ruspunt in ‘n sin. ‘n Mens gebruik ‘n komma in die volgende gevalle: In ‘n opsomming (maar nie voor die woord en nie). By ‘n aanspreking: Chris, waar is jy? By ‘n bysin of toevoeging wat uitbrei op wat reeds genoem is: Die petrolprys, wat al vier keer verhoog is, noop mense om openbare vervoer te gebruik.
Tussen twee werkwoorde in saamgestelde sinne: Sodra die tafel afgedek is, kan ons die skottelgoed was. Kommas en voegwoorde: ‘n Mens skryf ‘n komma voor die voegwoorde: al, derhalwe, gevolglik. Soms voor dog/maar, aangesien, en, hoewel/ofskoon, mits en want en selde voor omdat. Gewoonlik kom daar nie ‘n komma voor dat nie: (Usually there is no comma before “dat”) Dit is so warm dat die kraaie gaap.
Hy wou nie hê dat ek sy werk nasien nie. Los altyd ‘n spasie ná ‘n komma: In ‘n sin is daar altyd ‘n spasie ná die komma. So verseker ‘n mens dat aan die einde van ‘n reël, die komma altyd teenaan die voorafgaande woord is. (Always leave a space after the comma. This way, at the end of the line, the comma is alway next to the previous word). Uitsondering: Ná ‘n getal, byvoorbeeld wanneer die komma ‘n desimale teken is, kom daar geen spasie nie.
R12,50 3,5 grade 6. Kommapunt (Semi-colon) ‘n Kommapunt kom gewoonlik in die middel van ‘n sin voor. Daar is ‘n belangrike verband tussen die dele voor en ná die kommapunt, selfs al lyk die twee na twee volwaardige sinne wat ook los van mekaar sou kon staan. (Semi-colon: there is an important connection between the parts before and after the semi-colon, even if it looks like the two sentences can be written completely independent from each other).
Byvoorbeeld: Ons het vroeg opgestaan; ons het ‘n lang reis voor ons gehad. Ek het ‘n hekel aan swem; tog vat ek ‘n swembroek saam. Die eerste woord ná die kommapunt kry nie ‘n hoofletter nie, tensy dit ‘n hoofletter woord is, byvoorbeeld ‘n naam. Byvoorbeeld: Die bure se musiek is te hard; hulle het geen maniere nie. Ek is mal oor Kaapstad; Durban is ook nie te sleg nie.
‘n Kommapunt kan ook in die plek van ‘n weggelate woord staan byvoorbeeld in ‘n opskrif: Maleisiese vliegongeluk eis 24; 12 oorleef. 7. Enkel- en dubbelaanhalingstekens: Daar is twee soorte aanhalingstekens. “dubbelaanhalingstekens” ‘enkelaanhalingstekens’ Aanhalingstekens word altyd teenaan die gedeelte geskryf wat aangehaal word met spasies daarvoor en daarna.
In Afrikaans gebruik ons meestal dubbelaanhalingstekens, behalwe waar daar ‘n aanhaling binne ‘n aanhaling is – dan gebruik ons enkel aanhalings. Byvoorbeeld: “Dit was baie interessant!” sê Susan. Kobus sê: “Susan het ‘Skote Petoors!’ geskree toe sy die antwoord kry.” Quotation marks are always written next to the part that was quoted, with spaces before and after.
In Afrikaans we mostly use double quotation marks, except when it is a quotation inside a quotation – then we only use single quotation marks. Skote Petoors means “Good Grief” or “Holy Moly”. 8. Hakies Ons plaas woorde tussen hakies om iets te verduidelik, as dit ‘n vertaling is, of as ons ‘n wisselvorm wil aandui. Byvoorbeeld: o Ek was gister (Vrydag) by die dokter.
Quick practice
Choose three examples and explain why each answer works. Practise one step at a time.
